Nazisme – twee stelle reëls?

Dr. Pieter Mulder Verlede jaar groet die dames van die NWU-Pukkampus hulle koshuis met dans-choreografie. ‘n Deel van die dans-choreografie is dat hulle hulle arms na die koshuis uitsteek. Dit ontplof as Nazisme in die media. In gesprekke met die verskrikte dames blyk dit dat hulle nie vir ‘n oomblik Hitler of Nazisme probeer naboots …

Dr. Pieter Mulder

Verlede jaar groet die dames van die NWU-Pukkampus hulle koshuis met dans-choreografie. ‘n Deel van die dans-choreografie is dat hulle hulle arms na die koshuis uitsteek. Dit ontplof as Nazisme in die media. In gesprekke met die verskrikte dames blyk dit dat hulle nie vir ‘n oomblik Hitler of Nazisme probeer naboots het nie en naïewelik verbaas is oor die reaksie.

Die Puk-koshuisgroet loop uit op ’n voorbladberig in ’n dagblad (Beeld), ’n binne bladsy vol foto’s en berigte, ’n hoofartikel, diepte artikels en eindig met die Minister wat intree en die Wessels kommissie van ondersoek wat die Universiteit instel.

Die Studenteraadsvoorsitter van Wits sê verlede week hy is lief vir Hitler en bewonder hom. Dit is nie onbewustelike naïwiteit soos by die Puk-dames nie. Hy argumenteer sy standpunt deur na Duitse motors te verwys en hoe Hitler Duitsland gered het.

In die media het slegs ’n enkele berig, weggesteek hier en daar, daaroor verskyn. Is daar fout met my as ek ’n soortgelyke reaksie as met die NWU-Puk dames verwag het? Waarom is die minister so stil hieroor? Gaan die minister nog reageer? Waarom word die twee gevalle verskillend hanteer? Waarom geld een stel reëls vir die Wits studente en ’n ander stel vir die NWU-Puk studente?

Exit mobile version