Local newsNews

Twee dood na kop-aan-kop botsing

‘n Gebarste wiel het glo Vrydag ‘n kop-aan-kop botsing tussen twee vragmotors op die Ventersdorp-pad veroorsaak.

‘n Gebarste wiel het glo Vrydag ‘n kop-aan-kop botsing tussen twee vragmotors op die Ventersdorp-pad veroorsaak. Die ongeluk het omstreeks 11:05 gebeur.

Volgens ‘n bron is twee mense in die ongeluk oorlede.

Jullie Lottering, wat agter een van die vragmotors gery het, het die ongeluk sien gebeur.

“Ons was op pad na Krugersdorp en het agter een van die trokke gery. Daar het ‘n trok van voor van Krugersdorp se kant af gekom. Die trok se wiele het gebars en die twee trokke het in mekaar vasgery.”

Lottering vertel dit was niemand se skuld nie en sê niemand het gejaag nie.

“Ons het so 80 tot 90km per uur agter die trok gery. Dit is ‘n tragiese ongeluk wat niemand se skuld was nie.”

Lottering en haar man het by die ongeluk stilgehou en het ‘n vriend gebel wat die nooddienste ontbied het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button