News

Groot brandgevaar by begrafplaas

Dit is heeltemal teen ons interne ordinanse om gras te brand of vuur by die begrafplaas te stig.

Daar is altyd in die winter ‘n brandgevaar – veral op plekke waar gras lank groei.
Verskeie inwoners het vantevore oor die tekort aan instandhouding by die plaaslike begrafplaas gekla. Volgens inwoners word die gras lank gelos en sukkel hulle dan om hulle geliefdes se grafte te vind.
Volgens ‘n inwoner is dit nie net die lang gras wat die begrafplaas ontsier nie.
“Die mense wat veronderstel is om die gras te sny, brand nou net die gras af. Dit veroorsaak groot skade aan die grafstene,” het die inwoner aan die Herald vertel.
Volgens die inwoner sê munisipale werkers dat dit bloot vandalisme is, maar dit is nie die geval nie.
“Dit is hulle self. Mense het hulle al gesien dit doen. Hoekom word ons geliefdes so hanteer?” vra sy.
Volgens Jeanette Tshite, ‘n munisipale woordvoerder, is dit nie die munisipale werkers wat die brand gestig het nie.
“Dit is heeltemal teen ons interne ordinanse om gras te brand of vuur by die begrafplaas te stig. Die sekuriteitswag het bevestig dat die oorsaak van die brand ‘n kers was wat een van die besoekers aangesteek het. Sommige besoekers steek kerse aan as deel van hulle eie rituele, wat dan nie na die gebede geblus word nie. Ons vra dat inwoners versigtig sal wees en die begrafplaas se kantoor sal laat weet as daar enige kerse aangesteek word,” het Tshite gesê.

Related Articles

 
Back to top button