News
Potchefstromer verskyn in Early B se nuutste musiekvideo
Volgens Early B en sy betuurspan was Marinet die perfekte keuse en het haar uitstekend van haar taak gekwyt.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/117/2024/05/Marinet-Potgieter-en-EarlyBcropped-780x470.jpg)
Marinet Potgieter, afrigter by JannyDjan Models, Elite Actor by JannyDjan Acting powered by Conejito Productions het deur Opulent Models die geleentheid gekry om in Early B se nuutste treffer “Tolgevang” te verskyn.
Stephan Venter het haar grimering vir die produksie gedoen, half 5 die oggend, voordat sy na Johannesburg vertrek het vir die opname.
Haar drama opleiding, het goed vanpas gekom in die komiese musiekvideo wat Vrydagaand, 17 Mei om 20:00 op sy YouTube kanaal @EarlyBMusic vrygestel is. Die video is reeds 34 000 gekyk met baie positiewe terugvoer.
Volgens Early B en sy betuurspan was Marinet die perfekte keuse en het haar uitstekend van haar taak gekwyt.