News

Jaco Jacobs besoek Baillies

Die grondslagfase leerlinge het eerste kans gehad om na al die nuwe stories te luister.

Die bekende skrywer van Bloemfontein het Baillies op Donderdag 9 Mei besoek.  Hy was ‘n hele paar jaar laas in Potchefstroom daarom is dit te verstane dat die leerlinge sowel as die onderwysers uit hulle velle was oor Jaco se besoek.  Die grondslagfase leerlinge het eerste kans gehad om na al die nuwe stories te luister.  Hy het ook ‘n grappie of twee uit een van sy nuwe bundels gelees.  Die seniorfase se leerlinge het ook geleentheid gehad om die skrywer te ontmoet.  Jaco het ondermeer gesels oor sy twee splinter nuwe verhale naamlik Maltrap en Flaffie asook Meisie met die vlerke.  Na afloop van die praatjies in die saal het Jaco besoek afgelê in die skool se Mediasentrum.  Daar was genoeg tyd vir al die jong lesertjies om hulle nuut gekoopte boeke te laat teken of sommer net ‘n foto te neem saam met die bekende skrywer.  Baie dankie Jaco Jacobs !  Dit was ‘n ongelooflike voorreg vir die leerlinge van Baillies om jou te ontmoet.

Related Articles

 
Back to top button