Local newsNews

Honde-verkragter vyf jaar tronk toe

"Ek is moeg, maar tevrede," sê Suzette Kotzé, mede-eienaar van die honde-herberg wat hul oor die honde ontferm het.

‘n 48-jarige man is Woensdag, 15 Mei 2024 gevonnis met agt jaar tronkstraf, opgeskort tot vyf jaar, op aanklagte van bestialiteit.

Philip Von Boardman (48) is 16 November 2023 gearresteer nadat Matlosana Animal Shelter die insident op 10 November 2023 by die Stilfontein Polisiestasie gerapporteer het.

Philip Von Boardman. Foto: Verskaf.

Suzette Kotzé, mede-eienaar van Matlosana Animal Shelter, het in ‘n vorige berig aan die Herald gesê dat daar onweerlegbare bewyse teen Boardman is.

“’n Vriend van die verdagte (Boardman) het na die shelter toe gekom met videos van waar die verdagte seks met honde het,” vertel Kotze.

“Ons het onmiddelik ‘n klag by die polisie gaan lê. Toe ons by sy (Boardman) huis opdaag, het hy weggehardloop. Ons moes vir hom ‘n lokval stel om hom te vang.”

Suzette het verder aan die Herald gesê dat vier hondjies gekonfiskeer is en na die honde-herberg geneem is om aan te sterk. Een van die hondjies is intussen oorlede, en drie is aangeneem.

Die drie hondjies is aangeneem. Foto’s: Verskaf.

Na ‘n paar uitmergelende maande in die hof is Suzette tevrede, maar baie moeg. Die aanvanklike gebeure het Suzette se siel geknak. Sy het voorheen aan die Herald genoem dat sy fisies siek geword het.

“Ek is baie getraumatiseer. Ek het koors gehad, ek het ophou eet. Ek het nie woorde nie,” het Suzette vertel.

Suzette Kotzé tydens die hofsaak. Foto: Netwerk24.

Op ‘n vraag of Boardman weer diere sal mag aanhou, sê Suzette die volgende.

“In so ‘n geval kan die wet hom verhoed om diere aan te hou, maar kom ons sê vir arguments-onthalwe hy is getroud en/of het kinders, dan kan die hof nie sy vrou en kinders daarvan weerhou om diere aan te hou nie. Hy is altyd ‘n gevaar vir die samelewing, soos die landdros self opgemerk het. Hy kan in enige stadium van sy lewe weer met diere in aanraking kom; dis hoekom die landdros hom tot agt jaar tronkstraf, opgeskort tot vyf jaar, gevonnis het. Hy het vyf jaar om aan sy sondes te sit en dink en rehabilitasie in die tronk ontvang. Die opgeskorte drie jaar wat hy nie meer in die tronk is nie, sal die swaard steeds oor sy kop hang.”

“Dis debatteer of hy rehabiliteerbaar is, want dit het nie net een keer gebeur nie, dit het ‘n paar keer probeer soos wat hy self erken het in die hof.”

In ‘n vorige berig het Kotzé genoem dat sy van mening is dat die man nie rehabiliteerbaar is nie.

“Die wit enetjie, ‘n Jack Russel, het hy gesien as sy vrou en die ander hondjies as sy kinders. Die Jack Russel het hy omtrent drie tot vier keer per dag verkrag. Haar baarmoeder moes verwyder word. In my opinie is die verdagte nie rehabiliteerbaar nie,” het Kotzé gesê.

“Hy het vir my en my man gesê dat hy vir die hondjies kos en blyplek gee, en dat dit is hoe die hondjies hom moet betaal daarvoor.”

“Ek is tevrede met die straf. Hy is vyf jaar van die straat af, dit is die belangrikste. So ‘n ou kan jy nooit rerig weghou van diere af nie want die mense by wie hy bly of kuier kan diere aanhou. Dis baie moeilik.”

 

Related Articles

Back to top button