Local newsNews

Polisie trek onwettige myners vas

Al ses is steeds in aanhouding en sal op verskillende datums weer in die hof verskyn.

Die polisie het ses mans wat by onwettige mynbedrywighede betrokke was en onwettig in die land is, op 3 April in Hartbeespoortdam in hegtenis geneem.

Volgens brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, is al die verdagtes buitelanders van onder meer Lesotho, Mosambiek, Malawië en Zimbabwe. Die polisie het in samewerking met die weermag op die gebied toegeslaan waar die onwettige mynbedrywighede plaasgevind het. Hulle is almal aangekla van onwettige mynbedrywighede en ook omdat hulle onwettig in die Suid-Afrika is.

 

Die polisie het ook op toerusting beslag
gelê.

Al ses is steeds in aanhouding en sal op verskillende datums weer in die hof verskyn. “Behalwe vir die inhegtenisnames het die polisie onder meer ook op 78 sakke gouddraende materiaal, vyf gassilinders, ‘n kragopwekker, hamers en ‘n waterpomp beslag gelê,” het Mokgwabone gesê. Die provinsiale kommisaris, lt.genl. Sello Kwena het die span geprys vir die goeie werk wat hulle gedoen het.

Related Articles

Back to top button