CommunityLocal newsRegional News

Geen ernstige beserings na botsing in Albert Luthuli

'n Ongeluk tussen 'n wit bakkie en 'n silwer motor het op die kruising van Albert Luthuli Drive en Pieter Mokaba Straat plaasgevind.

‘n Ongeluk het vandag by die kruising van Albert Luthuli Drive en Pieter Mokaba Straat plaasgevind toe ‘n wit bakkie en ‘n silwer motor gebots het.

Die bestuurder van die wit bakkie het glo na die ongeluk van die toneel af weggery.

Volgens Ruan Cato van Moorivier Beskerming moet mense waaksaam wees op die pad.

“Dit is belangrik om altyd op jou omgewing te let,” het Cato gesê.

Volgens die bestuurder van die silwer motor, Nanna Sephai, was dit glo haar beurt om te ry toe die wit bakkie in haar vas is.

“Ek het nie verwag dat iemand by my sou verbyry nie,” het sy gesê. Sy was op pad saam met haar man en het aan die polisie ‘n verklaring gegee.

Gelukkig was daar geen ernstige beserings nie.

 

Vanaf links is dit Catherine Sopolo sister van die bestuurder, Nanna Sephai, staan voor haar kar. Foto: Jade Sateria
Wees versigtig wanneer daar bestuur word in die pad. Foto: Jade Sateria

 

 

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button