CommunityHealthLocal news

Gaan slaap jy en makeer niks maar staan siek op?

Baie mense kla hulle voel in die oggende siek.

Het jy al ooit in die oggend wakker geword en gevoel asof jy deur ‘n trein getref is, in plaas daarvan om met ‘n huppel in jou stap wakker te word?

Dalk staan jy in die oggend op met ‘n erge hoogpyn, naarheid of ‘n omgekrapte maag.

‘n Persoon wat anoniem wil bly, het op ‘n Potchefstroom Facebook-groep gevra of ander inwoners ook die laaste ruk sleg voel wanneer hulle opstaan. Spesifiek dat jy niks die vorige aand makeer nie en dan die volgende oggend siek opstaan.

“Ek het nou al gespreke met redelik baie mense gehad wat dieselle ondervind en dit het my nou bietjie laat wonder en nuuskurig gemaak. Is hier nog mense wat gaan slaap en gesond is en niks makeer en more oggend staan jy op en jys duislig, naar, erge kopseer en voel net af? Meeste mense sê dis nou al die afgelope maand of twee wat dit so aangaan. Indien jy so voel, in watse ouderdomsgroep val jy en wat is jou simptome,” het anoniem gevra.

Mense het op die plasing reageer en hulle eie ondervinding gedeel. Meeste mense het saamgestem en gesê dat die vreemde ‘siek wakker word’ hulle ook beïnvloed.

“Ek is 32 en het presies dieselfde simptome. Dit is gewoontlik angs wat dit veroorsaak. Wat vir my werk is as ek wakker word, staan ek dadelik op en wees net besig vir so 5 tot 10 minute. Die kopseer en naarheid gaan vanself weg. So moet nie sommer ‘n pilletjie neem nie,” het Natasha Basson op die Facebook-plasing gesê.

Madelein Schoenfeld het gesê sy het al met baie mense oor dieselfde ding gesels.

“Dieselfde hier. Ek het ook nou al met ‘n paar mense van verskillende ouderdomsgroepe gepraat. Jy gaan slaap, makeer niks, staan op met ‘n helse hoofpyn en voel regtig siek. Die laaste maand of twee is dit baie erg.”

Dit blyk asof daar ‘n rede is hoekom mense voel asof hulle elke dag aan die verkeerde kan van die bed opstaan.

Dr. A. Ahmed, ‘n algemene praktisyn en mediese direkteur, sê daar kan ‘n hele klomp redes wees hoekom mens soggens sleg voel.

Dehidrasie en lae bloedsuiker

Een van die grootste redes waarom jy dalk sleg voel wanneer jy wakker word, is weens dehidrasie.

“As jy jou aandete om 18:00 eet en om 22:00 gaan slaap, en om 06:00 wakker word, sal jy vir 12 ure nie geëet of gedrink het nie, wat ‘n lang tyd is,” sê sy.

Dus, as jy agterkom dat die gevoel verdwyn nadat jy iets geëet of gedrink het, is dit dalk ‘n goeie idee om ‘n bietjie meer vir aandete te probeer eet of ‘n glas water bed toe te neem.”

Suur terugvloei

‘n Tweede rede waarom jy soggens so siek voel, is as gevolg van maagsure.

Ook bekend as sooibrand, ‘n brandende gevoel in die bors, wat veroorsaak word deur maagsuur wat na die keel beweeg.

“Suur refluks kan dikwels erger wees in die nag op ‘n leë maag. Gewoonlik wanneer mens ontbyt eet  of ‘n anti-suurmiddel neem, sal dit help.”

Angs en stres

Soos ons weet, kan ons geestesgesondheid ‘n groot impak op ons fisiese gesondheid hê.

“Angs en stres kan fisiese simptome veroorsaak, wat dikwels hoofpyne, ‘n omgekrapte maag en naarheid insluit.”

As jy ‘n besonderse slegte nag se slaap gehad het, of aan slapeloosheid ly, kan jy dikwels naar wakker word.”

Ligte oefening soos ‘n kort stappie in die aand kan help.

“Weereens, dit is belangrik dat jy ‘n dokter sien as jy veral gestres en angstig voel en dit veroorsaak dat jy soggens siek voel.”

Related Articles

Back to top button