Man op soek na verlore huissleutels

Leon sê die laaste keer wat hy die sleutels gesien het, was by Snowflake.

Leon Human van Potchefstroom is dringend op soek na sy huissleutels wat om en by vier tot vyf weke terug verlore geraak het.

Hy is onseker presies waar hy dit verloor het, maar glo dit het moontlik by Snowflake verlore geraak.

Die bos het vier sleutels, ‘n blou afstandbeheerder en ‘n swart alarm afstandbeheerder op.

Leon vra die gemeenskap om hom te help om vir die sleutels uit te kyk en hom te laat weet indien enigiemand die sleutels dalk optel. Jy kan hom kontak by 082 901 1463.

Exit mobile version