Chaos en kinders betrokke by gewelddadige aksies

Volgens Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, is sommige kinders gesien waar hulle versperrings in die pad geplaas het en voertuie met klippe bestook het.

In Potchefstroom het die situasie in die Promosa-gebied gister ‘n nuwe vlak van chaos bereik toe protesoptrede in gewelddadige aksies ontaard het.
Volgens Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, is sommige kinders gesien waar hulle versperrings in die pad geplaas het en voertuie met klippe bestook het. Volgens getuies, in Promosa is kinders gebruik om winkels te plunder, goedere te steel en die omgewing te verwoes.
Glenville Fransman, ‘n lid van die gemeenskap, het sy teleurstelling uitgespreek. Volgens hom is dit skokkend om te sien hoe kinders betrokke was by die plundering van winkels. “Die betrokkenheid van kinders in hierdie geweldadige aksies wys net dat jong mense regtig swaar kry,” het Fransman opgemerk. Hy het bygevoeg dat die situasie die erns van die probleem beklemtoon, met baie ouers wat hartseer was oor die toestande. Volgens Fransman het baie ouers gesê dat die skole nie gesluit moes wees nie, wat die situasie verder vererger het.

 

Die betrokkenheid van kinders in die protesaksies het kommer by plaaslike gemeenskapslede en owerhede ontlok. “Om te sien dat meer kinders die protes aksie gely het as grootmense, het uiteraard ‘n kommer gebring dat dringende intervensie moet toegespits word,” het Fransman laastens gesê. Daar is ‘n dringende behoefte aan intervensie en ondersteuning om te verseker dat kinders nie in sulke gevaarlike situasies beland nie en om te werk aan die herstelling van orde en stabiliteit in die gebied.

“Die polisie wil herhaal dat misdadigheid nie geduld sal word nie en dat diegene wat misdaad pleeg, swaar gestraf sal word,” het Mokgwabone gesê. Volgens hom is die polisie steeds besig om inligting rondom verskeie ander winkels wat Promosa geplunder is in te samel. “Die uitdaging is dat die winkel eienaars wat meestal buitelanders is, huiwerig is om verkalrings te gee,” het Mokgwabone gesê. Hy het eienaars gemaan om verklarings af te lê sodat die polisie kan beter ondersoek instel.

Exit mobile version