CommunityLocal news

Petroljoggies help vrou om betyds by kerk op te daag

Die twee manne lewer puik diens.

Twee petroljoggies wat by Engen Emslies vulstasie in Potchefstroom werk, se lof word oor hulle goeie diens, gesing .

Thepo en Phillip het Sondag uit hulle pad gegaan om ‘n vrou te help wat probleme met haar motor gehad het.

Angelique Buitendag Botes vertel hoe die twee mans haar gehelp het, alhoewel dit nie deel van hulle werk was nie.

“Ek was Sondagoggend op pad kerk toe, toe ek ‘n probleem met my kar ondervind het. My kar se wiel kon nie gepomp word nie omdat hy ‘n groot gat ingehad het. Die twee manne het vinnig ingespring en my spaarwiel vir my opgesit,” het Angelique verduidelik.

Angelique sê as dit nie vir Thepo en Phillip was nie, sou sy in groot moeilikheid gewees het.

“Ek is vrou alleen. Ek weet hoe om ‘n band om te ruil, maar ek het dit nog nooit alleen gedoen nie. Hulle het my flink en vinnig gehelp, al was dit nie deel van hulle werk nie. Hulle het my so vinnig gehelp dat ek steeds betyds vir kerk was,” het sy gesê.

Sy gaan voort om te sê die mans het haar met respek behandel en was baie vriendelik.

“Ek het self die oggend nie lekker gevoel nie en hulle vriendelikheid het my sommer vinnig uit my slegte bui gehaal. Ek is bly daar is nog sulke goeie mense daar buite. Mense wat bereid is om die extra myl stap en lief is  vir mense en hulself diensbaar stel vir die liefde van die saak.”

Angelique wil ook hê mense moet petroljogies op hulle name noem.

“Hulle het naambalkies aan. Dis vir hulle lekker as mens hul waarde raak sien en vriendelik en respekvol is. Behandel hulle met respek, dit kos mens niks.”

Related Articles

Back to top button