CommunityKidsLocal news

Veiligheidswenke vir voetgangers

As voetganger moet jy altyd jou veiligheid eerste stel.

Meeste mense dink padveiligheid is net vir dié wat ‘n motor bestuur, maar dit is nie net motoriste wat in gevaar kan wees op die pad nie.

Volgens Arrive Alive South Africa is 35-40% van padsterftes in Suid Afrika voetgangers.

Leandro De Beer van Potchefstroom First Responders sê hulle sien gereeld voetganger-voertuig ongelukke op die N12.

“Die wet sê ‘n voetganger mag nie op ‘n nasionale pad stap nie en die N12 is ‘n nasionale hoofpad. Baie mense wat raakgery word, het donker klere aan en kan mens hulle nie sien nie. Die N12 industriele gebied verby Ikageng is die grootste gevaarsone vir voetganger-voertuig ongelukke.”

Hier is ‘n paar wenke om jouself as voetganger te beskerm:

  • Moenie onder die invloed van drank of ander middels in die straat loop nie.
  • Moenie roekeloos wees en kanse waag deur oor die paaie en snelweë te hardloop nie. Die spoed van voertuie kan maklik onderskat word.
  • Moenie laat jou selfoon jou aandag aftrek nie. Selfs musiek op jou foon kan jou aandag aftrek. Gee aandag aan die verkeer.
  • Moenie verkeersligte  verontagsaam nie. Kruis slegs wanneer die lig vir jou groen is.
  • Loop altyd op die sypaadjie, in plaas van in die pad. Loop ook altyd so dat jy aankomende verkeer kan sien.
  • Moenie iets wat in die pad geval het, in die verkeer gaan probeer optel nie.
  • Moenie kinders sonder toesig langs die pad laat of alleen laat loop nie.
  • Wanneer jy in ‘n noodsituasie is en jy moet vlug, moenie in aankomende verkeer inhardloop nie.

Wenke vir motoriste om voetgangers te beskerm:

  • Jy kan voetgangers enige tyd en enige plek teëkom, selfs op plekke waar hulle nie veronderstel is om te wees nie, soos snelweë.
  • Wees bewus daarvan dat baie informele nedersettings langs hoofpaaie geleë is en dat daar dikwels geen formele kruisings of voetgangerbrûe is nie.
  • Voetgangers kan baie moeilik wees om te sien, veral in slegte weer of in die nag.
  • Wees op jou hoede en kyk uit vir klein kinders en bejaarde voetgangers.
  • Kyk uit vir voetgangers wat langs die pad stap met hul rug na jou toe.
  • Wees bedag op besope voetgangers, veral oor naweke.

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button