CommunityLocal newsRegional News

SARS besoek binnekort Potchefstroom

SARS besoek Potchefstroom op 5 en 6 Augustus om belastingbetalers te ondersteun.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) sal Potchefstroom op 5 en 6 Augustus besoek. Hierdie besoek vorm deel van ‘n nasionale inisiatief om belastingbetalers te met hul belastingverpligtinge ondersteun.

Gedurende die besoek sal SARS beamptes by die banketsaal beskikbaar wees om belastingbetalers te help met die indiening van hul opgawes, die opdatering van persoonlike inligting, en om enige vrae oor belasting te beantwoord. Dit is ‘n ideale geleentheid vir inwoners van Potchefstroom en omliggende gebiede om bystand te kry met enige belastingverwante kwessies.

Belastingbetalers word aangemoedig om voordeel te trek uit hierdie geleentheid en seker te maak dat hul belastingaangeleenthede in orde is. SARS se besoek is ook ‘n poging om bewusmaking te verhoog oor die belangrikheid van belastingvoldoening en die voordele daarvan vir die land se ekonomie.

Related Articles

Back to top button