CommunityCrimeLocal newsNewsNewsRegional News

Ikageng tiener doodgesteek

Die gemeenskap treur oor die tragiese dood van 15-jarige Luyanda Dunywa, wat einde September sterf. Die polisie ondersoek die voorval en roep die publiek op om enige inligting te deel.

Die gemeenskap is in rou gedompel na die dood van 15-jarige Luyanda Dunywa einde September. Die polisie is ontbied na ‘n groep mense op die hoeke van Sepotokele en Boomstraat. Volgens Kolonel Adele Myburgh het die beamptes gevind dat daar ‘n persoon op die grond lê. “Dit blyk asof die slagoffer gesteek is met ‘n skerp voorwerp,” het Myburgh gesê.

Die nooddienste is onmiddellik ontbied, maar Dunywa se dood is bevestig voordat nooddienste op die toneel kon aankom. Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “As iemand enige inligting het, kan hulle die ondersoekbeampte direk kontak by 018 294 1435,” het Myburgh gesê.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Jade Sateria

I am Jade Sateria, a seasoned journalist with expertise in investigative reporting, feature writing, and multimedia storytelling. My skills include in-depth research, compelling narrative creation, and data analysis. I have 6 years of experience in journalism, social media marketing and developing communications paradigm.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button