EntertainmentLocal newsNews

Ouma is op pad en gee vyf dubbelkaartjies weg!

Staan 'n kans om jou hande op 'n dubbelkaartjie te kry.

Dowwe Dolla is begrawe, maar Ouma het besluit sy is darem te jonk om af te tree.  Sy het nog baie om te sê.

Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld is sy ‘n formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe, maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer.

Met dié lat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daars baie dinge wat sy nie ken nie, en “takt” is een van hulle.

Rafiek Mammon skryf in Die Burger van 29 Maart met Ouma se opening by die KKNK 2024: “Meyer-Rödenbeck is nou maar eenmaal ‘n staatmaker- op soveel vlakke. As aktrise stel sy nooi teleur nie; nog minder as komediant. En nog minder as intelligente waarnemer van van die menslike toestand. Meng dit met storievertellery uit die boonste rak, dan is jy mos in komediehemel. Ek praat nou Tolla van der Merwe en Jan Spies se vernuf as storievertellers.”

‘n Gehoorlid skryf op 16 Aug: “Margit Meyer-Rödenbeck neem jou op ‘n super humoristiese en verfrissende wyse op reis deur ‘n veranderende wêreld! Jy huil soos jy lag terwyl ernstige waarhede jou lag-lag tref. Uitstekend!”

Die produksie sal by die jaar se Aardklop by Gimmies plaasvind.

Hier is die tye:

Dinsdag 24 Sept om 09:30

Woensdag 25 Sept om 18:30

Donderdag 26 Sept om 19:30

Vrydag 27 Sept om 9:30

Saterdag 28 Sept om 13:00

Die eerste vyf mense wat Potchefstroom Herald se kantoor skakel, sal dubbelkaartjies na die produksie ontvang.

Geen persone onder die ouderdom van 14, weens taalgebruik.

Ouma is op pad en gee vyf dubbelkaartjies weg!

Related Articles

Back to top button