Promosa dam in ‘n rioolkrisis!

Promosa in Potchefstroom kamp tans met ernstige rioolprobleme wat al dekades aanhou. Die gemeenskap ly onder 'n dam wat voortdurend besoedel word, met ernstige gevolge vir die omgewing en gesondheid.

Promosa in Potchefstroom kamp tans met ’n ernstige rioolprobleem wat al vir dekades aanhou. Die gemeenskap in hierdie area ly onder die gevolge van ’n dam wat voortdurend besoedel word, met ernstige impakte op die omgewing en die gesondheid van die inwoners.

Nasiep Kruger, wat in die straat langs die dam woon, beskryf die situasie as ondraaglik. “Ek woon na aan die dam, en dit stink soms so erg dat ons nie lekker kan woon nie,” vertel Kruger. Hy verduidelik dat daar twee jaar gelede ’n brug gebou moes gewees het, maar die gemeenskap wag steeds vir die oplossing. “Binnekort reën dit weer, dan spoel die skool daar naby se kinders weg onder daai afvalstowwe,” kla hy. Hy het ook opgemerk dat die reuke van die afvalstowwe die omgewing besoedel. “Dan kom die vlieë ook nog van al daardie afvalstowwe se reuke af.”

MichelleD, ’n ander inwoner van die area, bevestig Kruger se bekommernisse en voeg by dat die reuk veral in die somer ondraaglik is. “Ons kan nie eers onse deure oophou nie. Die vuilwater loop oor die straat op pad Mohadin toe, veral as dit reën,” sê sy. MichelleD verduidelik hoe die skoolkinders dikwels moet wag vir vervoer omdat die straat oorspoel. “As die straat oorspoel, moet die mense tussen die bosse langs die pad verby loop wat baie onveilig is,” beklemtoon sy. Sy is ook bekommerd oor die gesondheid van die inwoners: “Ek dink die reuk dra by tot onse gesondheid, want baie van ons sukkel met boonste lugweg infeksie.”

Die gestopte pompe wat maak dat vuil water in die dam in gaan. Foto: Jade Sateria

Bradley Lavars, ’n betroubare bron in die gemeenskap, beklemtoon die langdurige aard van die probleem. “Die riool en dam probleem het al vir dekades aanhou. Dit is ’n onhigiëniese probleem,” sê Lavars. Hy verduidelik dat kinders op ’n daaglikse basis na die dam gaan om vis te vang, wat later deur die inwoners geëet word. “Die mense eet die vis, en dit kan lei dat hulle afsterf. Die pomp is in blokkasie, en die reuk van die dam maak dat die gemeenskap stink. Die groen slym lê rondom die dam.”

’n Anonieme inwoner van Promosa het in 2023 die JB Marks Munisipaliteit gekontak om die probleem aan te dui, maar daar is geen aksie geneem nie. “Ek het na die munisipaliteit gebel, maar niemand kom uit om die rioolprobleem reg te stel nie,” sê die anonieme bron. Hy voeg by dat daar verskillende breukpunte in die pype is wat die vrot water in die dam laat beland. Die gebrek aan tydige en effektiewe terugvoering van die munisipaliteit vererger die probleem.

Die huidige toestand in Promosa is ’n ernstige saak wat dringend aandag benodig. Die voortdurende funksionering van die rioolstelsel in sy huidige toestand het veroorsaak dat vuil water en ander besoedelingsmiddels die dam in die omgewing binne. Dit besoedel nie net die omgewing nie, maar het ook ’n direkte impak op die gesondheid van die inwoners. Die aanhoudende reuke en onhigiëniese toestande dra by tot ’n toename in gesondheidsprobleme, en die veiligheid van die inwoners, veral die kinders, word in gevaar gestel deur die oorstroomde strate.

Die JB Marks Munisipaliteit het geen kommentaar gelewer nie, dit is duidelik dat die gemeenskap se oproepe om hulp nog onbeantwoord bly.

Exit mobile version