Local newsNews

KYK: Potchefstroom treinstasie – Nou net ‘n leë dop

Die verskil tussen jare gelede en nou is skokkend.

‘n Onlangse video wat deur @proudpotcher op TikTok en Facebook geplaas is, het baie gemengde gevoelens vir die inwoners van Potchefstroom opgebring.

In die video kan gesien word hoe die eens historiese treinstasie, nou net ‘n leë dop is.

Gebou in 1897, was dit Potchefstroom se heel eerste treinstasie en het die stad aan Krugersdorp verbind. In 1919 is die stasie na die Kaaps-Hollandse styl opgradeer.

Ongelukkig het ‘n brand, waarvan die oorsprong nooit vasgestel is nie, die treinstasie in September 2020 verwoes en is die stasie nooit weer herbou nie.

Honderde mense het op die video kommentaar gelewer en hulle gevoelens oor die treinstasie uitgespreek.

Sonja Button het op Facebook gesê: “Ek is verbaas die trein staan nog daar.”

“Een van Potchefstroom se mooiste ou geboue gewees. So hartseer. Alles word vernietig en daar word niks aan gedoen nie,” het Charmaine Potgieter Cronje bygevoeg.

Annelien Beckley het ook op Facebook gesê: “Dit was so mooi plek. Dit is hartverskeurend. My troufotos is op die trappe en by die trein geneem. Wens so iemand wil in die plek belê en dit regmaak.”

Kyk na die video hier: https://vm.tiktok.com/ZMrQmfAN7/

Related Articles

Back to top button