Local newsNewsNews

Sewe mense in oggendure vermoor

Die verdagtes het glo net losgebrand en mense begin skiet.

Sewe mense is vanoggend in die oggendure vermoor en vele ander is beseer toe verdagtes in ‘n kuierplek in Orkney, buite Klerksdorp losgebrand het.

Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het by die taverne aangekom en na Basothos gesoek, waarna hulle skielik glo net begin skiet het. “Skote is afgevuur en sewe mense is opslag dood waarvan een ‘n vrou en die ander ses mans was. Ander is ook in die voorval beseer.”

Die verdagtes het glo die CCTV-stelsel, kontant van die kasregister en snoekertafel geneem. Die verdagtes het glo verder kliënte van hul selfone beroof en van die toneel gevlug.

Mokgwabone sê die polisie fynkam nog die toneel. Die motief moet nog vasgestel word en niemand is in hegtenis geneem nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button