CommunityEntertainmentLocal newsNewsNewsRegional News

Boulevard Harmoniste geselskap op reis

Boulevard Harmoniste vertrek na Spanje vir 'n reeks musiekoptredes in Barcelona en die Costa Brava-dorpe Tossa de Mar en Lloret de Mar.

Boulevard Harmoniste, vertrek vandag na Spanje vir ‘n reeks musiekoptredes wat opwindende geleenthede in Barcelona en die ‘Costa Brava-dorpe Tossa de Mar’ en ‘Lloret de Mar’ insluit.

Die hoogtepunt van hul reis is die deelname aan die MUSICA DEL MAR-kompetisie, aangebied deur ‘Fiestalonia’, wat op Vrydag, 28 Junie in die ‘Casa de Cultura’ in ‘Tossa de Mar’ plaasvind. Hulle sal ook optree tydens die kompetisie se Galakonsert en prysuitdeling op Saterdag, 29 Junie in die St. VICENC kerk.

In Lloret de Mar neem Boulevard Harmoniste deel aan die gala geleentheid van die SEA SUN FESTIVAL op 1 Julie, wat ook deur Fiestalonia geborg word.

Die geselskap bied ook hul eie volledige konserte aan in Tossa de Mar op Sondag 30 Junie in die CHURCH VICENC na die kerkdiens, en op 2 Julie in die CHURCH SANT ROMA in Lloret de Mar.

“Hierdie geleenthede bied ons ‘n wonderlike kans om ons musiek met internasionale gehore te deel,” sê die groep se leier. “Ons is baie opgewonde oor die ervaring en ons Instagram-blad sal opgedateer word met foto’s en meer.”

Related Articles

 
Back to top button