CommunityCrimeLocal newsNewsNewsRegional News

Polisie-operasie lei tot meer as 1 000 arrestasies in provinsie

Operasie Shanela in Noordwes was 'n grootskaalse klopjag wat 1 029 verdagtes vir ernstige misdade soos moord, inbrake, en diefstal in hegtenis geneem het.

Die polisie, het gedurende Operasie Shanela wat tussen Maandag, 10 Junie en Sondag, 17 Junie 2024 uitgevoer is, 1 029 verdagtes in die provinsie vir verskeie misdade in hegtenis geneem. Die verdagtes is vir onder andere verkragting, moord, moedswillige beskadiging van eiendom, inbrake by residensiële en besigheidspersele, besit van dwelms, diefstal uit of van motorvoertuie, en bestuur onder die invloed van alkohol en dwelms aangekla.

409 van die verdagtes was gesoek vir kontakmisdade soos moord, poging tot moord, verkragting, aanranding met die opset om ernstig te beseer, algemene aanranding, huisroof en besigheidsroof, terwyl 346 tydens speurderoperasies aangehou is. Daarbenewens is 82 vermoedelike ongedokumenteerde persone vir verwerking in hegtenis geneem.

Die Provinsiale Polisiekommissaris, Luitenant-Generaal Sello Kwena, het die lede, eenhede en ander rolspelers wat altyd beskikbaar is om deel te wees van hierdie operasies, gelukgewens. Hy het die lede bedank vir hul toewyding en gewilligheid om die mense van Noordwes te beskerm en te dien.

 

 

Related Articles

 
Back to top button