NewsNews

Baillies kuier by Uitkoms bejaardes

Almal is weg met vol harte en die belofte om gou weer te gaan kuier.

Op Donderdag, 13 Junie, het die tweedekwartaalleiers van Laerskool Baillie Park Uitkoms se bejaardes met heerlike tuisgemaakte sop en varsgebakte vetkoeke bederf. Die ooms en tannies kon net sit en die oggend geniet terwyl die klompie seuns en meisies hulle op die maat van lekker musiek bedien het. Die bejaardes wat nie by die Uitkomssaal kon wees nie, is in hulle woonstelletjies besoek.

Die bederf het egter nie hier opgehou nie. Elkeen van die bejaardes het ‘n pakkie koekies en rooibostee ontvang – en ‘n blok sjokolade vir nagereg! Die hoofleiers het ook vir hulle ietsie gelees en saam gebid. Dit was so bevredigend om die waardering in elkeen van die mense se oë te sien. Almal is weg met vol harte en die belofte om gou weer te gaan kuier.

Related Articles

 
Back to top button