CommunityHigh SchoolLocal newsNewsNewsPre-SchoolPrimary SchoolRegional NewsSportSport

Potchefstroom-Klubs skitter by All Out War-toernooi ter voorbereiding vir SA’s Jungle War

Die stryd was intens en die vaardigheid was op die voorgrond in die All Out War Toernooi, aangebied deur RCFA. Elite en Ice-Team, twee plaaslike klubs uit Potchefstroom, het hul stempel gedruk met indrukwekkende vertonings.

Die All Out War toernooi, aangebied deur Ring Contact Fighting Art (RCFA), het onlangs by die Alex Holm saal van die Landbou kollege in Potchefstroom plaasgevind. Die toernooi was ‘n opwindende voorbereiding vir die SA’s wat op 9 November 2024 by Jungle War sal plaasvind.

Deelnemers van regoor Suid Afrika en selfs vanuit Zimbabwe het saamgekom om hulle vaardighede op die mat te wys. Potchefstroom se twee plaaslike klubs, Elite en Ice-Team, het ‘n sterk teenwoordigheid gehad en uitstekend gevaar.

Ice-Team, onder leiding van Shihan Etienne van Eeden, het die toernooi as nommer 1 van die 18 deelnemende klubs beëindig. Hulle het ‘n indrukwekkende vertoning gelewer met drie studente wat in die top 10 Individue beland het. Tian van der Mescht het 3de geëindig, Kitsoyaone Phatudi 6de, en Devin Styger het die 10de plek behaal.

Elite, afgerig deur Sensei Mark Ekron, het ‘n waardige derde plek behaal. Hulle het ook twee studente in die top 10 gehad, met Jodi Wessels wat die hoogste as nommer 1 eindig en Karlien du Plessis wat 4de geplaas is. Drie van Elite se studente was deel van die “Main Event Card” en het almal hul gevegte met brio gewen. Hardus du Plessis, Jodi Wessels, en CG Steenkamp se prestasies het die klub se reputasie verder versterk.

Die All Out War toernooi was ‘n suksesvolle samekoms van veekunsenthusiaste en het die hoë standaard van Ring Contact Fighting Art in Suid Afrika beklemtoon. Die prestasies van beide Potchefstroom-klubs was ‘n teken van die groeiende belangstelling en vaardigheid in die sport in die streek. Met die oë op die Jungle War in 2024, is daar groot verwagtinge dat hierdie atlete nog groter hoogtes sal bereik.

 

Related Articles

Back to top button