Aanvalsgeweer tydens gewapende roof gebruik

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, is niemand beseer nie.

Twee verdagtes, een met ‘n pistool en een met ‘n AK47 gewapen het vanoggend omstreeks 02:40 die Engen vulstasie in Nelson Mandela-rylaan beroof.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, is niemand beseer nie.

“Die verdagtes het ‘n onbekende hoeveelheid kontant gesteel voor hulle gevlug het. Met ons reaksie se aankoms was die verdagtes reeds weg,” het Haefele gesê.

Die polisie was op die toneel. Sover bekend is nog niemand in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version