Vrou en tuinier in huisroof aangeval

‘n Vrou en haar tuinier is vanoggend omstreeks 09:00 in Gerrit Maritzstraat in Dassierand in ‘n huisroof aangeval.

‘n Vrou en haar tuinier is vanoggend omstreeks 09:00 in Gerrit Maritzstraat in Dassierand in ‘n huisroof aangeval.

Twee verdagtes het met ‘n onbekende bedrag geld uit die kluis op vlug geslaan, nadat hulle beide die vrou en haar tuinier met vuurwapens gedreig, en aangerand het.

Albei slagoffers is ook met kabelbinders vasgemaak.

Volgens NW polisiewoordvoerder, kapt. Aafje Botma het die twee verdagtes toegang tot die huis verkry nadat hulle die tuinier buite die huis genader het.

“Die twee verdagtes het blou oorpakke aangehad en met die tuinier in Setswana gekommunikeer. Kort daarna het hulle na bewering vuurwapens op hom gerig, hom vasgemaak en hom in die huis geneem. Dit is nog onseker hoe hul toegang tot die huis verkry het,” noem Botma.

Intussen het hulle die vrou aangerand, geslaan en met kabelbinderd vasgemaak.

Die verdagtes het ook die kluis probeer oop forseer, en het toe die vrou gedreig om die kluis oop te maak.

Die verdagtes het geen vuurwapens wat in die kluis was gevat nie, maar is met kontant en juweliersware weg.

Volgens kapt. Botma is ‘n saak van huisroof oopgemaak. Geen arrestasies is nog gemaak nie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version