Local newsNewsNews

Gedenkdienste vir oorledenes in vliegtuigongeluk vind komende week plaas

“My pa was n goeie pa en ‘n yster van 'n man. Die beste oupa en my wingman. Hy was ‘n baanbreker in lugbespuiting en ‘n klomp eerstes in SA bereik,”

Die gedenkdienste van Casper en Estelle Botha, sowel as Hennie Viviers sal komende week plaasvind.

Hierdie drie is in ‘n frats vliegtuigongeluk op Vrydag, 29 Desember, net buite Carletonville oorlede.

Viviers was daardie dag besig om Casper Botha, eienaar van Castello-boerdery se gronde te bespuit toe sy vliegtuig, met ‘n ligte vliegtuig waarin Casper en Estelle was, gebots het.

Estelle en Casper Botha sowel as Hennie Viviers is al drie in ‘n frats vliegongeluk op Vrydag, 29 Desember oorlede.

Talle lede van die publiek wat na aan die Botha’s en Viviers was, het hul skok oor die ongeluk ook op sosiale media beklemtoon en medelye aan die families getoon.

“Dit voel of ons met ʼn weerlig straal getref is van onwerklikheid. Dit gebeur elders, nie met jou eie mense nie,” noem dr. Kobus Roux op Facebook.

“Absolute tragiese nuus! Was wonderlike mense en so baie vir Potch se gemeenskap gedoen en beteken. My hart gaan uit na hul 3 seuns. Baie sterkte en julle is in ons gebede,” noem Zelda de Witt ook op Facebook.

Viviers se seun, Steve (35), wat ook saam sy pa as lugbespuitingsvlieënier vir die Castello- boerdery  gewerk het, noem dat sy pa juis na ‘n familiewegbreek uitgesien het voor die tragedie gebeur het.

Hennie en sy vrou, Annalie, het vir 35 jaar in Kroonstad gewoon. Hul seuns Steve en JP (33) en hul gesinne sou daardie naweek bymekaar kom in Potch en dan na die rivierhuis by die Vaalrivier vir die wegbreek vertrek.

“My pa was n goeie pa en ‘n yster van ‘n man. Die beste oupa en my wingman. Hy was ‘n baanbreker in lugbespuiting en ‘n klomp eerstes in SA bereik,” vertel Steve.

Steve saam met sy pa Hennie by een van die bespuitingsvliegtuie.

Hennie het sowat 15 000 vliegure onder sy belt gehad en vir ongeveer 40 jaar gevlieg.

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) was ook op die toneel en is besig om hierdie ongeluk te ondersoek. ‘n Voorlopige verslag sal glo binne die volgende 30 dae uitgereik word.

Die Botha’s se gedenkdiens vind op Dinsdag, 9 Januarie om 11:00 op die Thyzendoorn Plaas, Rysmierbult plaas. Viviers se gedenkdiens vind op Saterdag, 6 Januarie om 10:00 by die NG Kerk Kroonstad-Oos plaas.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button