Local newsNewsNews

Mielieboer en vrou sterf in fratsongeluk met spuitvliegtuig

‘n Bekende mielieboer in die omgewing, Casper Botha en sy vrou Estelle, is vandag (Vrydag, 29 Desember) omstreeks 12:30 in ‘n vliegongeluk naby die R500 by die Holfontein-kruising tussen Carletonville en Magaliesburg oorlede.

‘n Bekende mielieboer in die omgewing, Casper Botha en sy vrou Estelle, is vandag (Vrydag, 29 Desember) omstreeks 12:30 in ‘n vliegongeluk naby die R500 by die Holfontein-kruising tussen Carletonville en Magaliesburg oorlede.

Casper en Estelle se Cessna 182-vliegtuig het glo in ‘n spuitvliegtuig wat hul agtervolg het vasgevlieg. Die Herald verneem van betroubare bronne dat die vlieënier van die spuitvliegtuig, Hennie Viviers (63), ook in die ongeluk oorlede is.

Dit is nog onseker presies hoe die ongeluk plaasgevind het.

Hennie Viviers is ook in die ongeluk oorlede. Hy het die spuitvliegtuig gevlieg.

 

Casper Botha saam met sy seuns, Rynhard, Philip en Jacques Botha.
Casper en Estelle Botha saam hul drie seuns, Jacques, Rynhard en Philip.

Casper was bekend in landbousirkels as die eienaar van Castello Boerdery, wat hy suksesvol bestuur het.

Casper is ‘n oud-Gimmie (matrikulant in 1987). Hy en Estelle se drie seuns, Jacques, Philip en Rynhard was ook almal in Gimmies.

Verder het hy ook ‘n gereelde bydrae by Gimmies gelewer en was bekend as ‘n staatmaker vir sy alma mater. Hy was vir ‘n paar jaar hoof van die beheerliggaam en in September vanjaar het Casper en sy seuns ‘n matriek-kuierarea by die skool “Voetspore” bekendgestel waar hul as donateurs opgetree het.

Die Herald het die familie probeer kontak maar kon nog nie terugvoer ontvang nie.

Related Articles

 
Back to top button