Local newsNewsNews

Kampus Apteek kliënt wen nuwe motor

Gideon Wentink het vir die Kampus Apteek en Arrie Nel Apteekgroep se Win-A-Car kompetisie ingeskryf en danksy sy volgehoue ondersteuning kon hy met ‘n fantastiese stel wiele wegry.

Dit was ‘n Donderdagoggend (30 November) om te onthou vir Gideon Wentink, sy vrou, Catrien en hul seuns, Barend en Pieter, toe dié gesin ‘n splinternuwe Toyota Starlet gewen het.

Gideon het vir die Kampus Apteek en Arrie Nel Apteekgroep se Win-A-Car kompetisie ingeskryf en danksy sy volgehoue ondersteuning kon hy met ‘n fantastiese stel wiele wegry.

Foto’s: Wouter Pienaar

Gideon moes net ‘n minimum van R 200 by Kampus Apteek spandeer om vir hierdie prys in aanmerking te kom.

“Dit is regtig ‘n onwerklike gevoel. Ek het ‘n hele paar strokies ingeskryf, maar nie gedink dat ek sou wen nie,” vertel Gideon, wie as lektor by die eenheid van omgewingswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit verbonde is.

Bernard Enslin, hoofapteker van Kampus Apteek en Geraldine Kriel, verkoopskonsultant van Pretoria-Noord Toyota het die sleutels aan die Wentink-gesin oorhandig.

Hierdie kompetisie duur voort vir kliënte by Kampus Apteek wat onder andere pryse soos omskakelaars (inverters) ter waarde van R 115 000, insluit.

Related Articles

Back to top button