Local newsNewsNews

Gimmies se gesoute netbalorganiseerder handig leisels oor

Na 20 jaar as die netbalorganiseerder van Potchefstroom Gimnasium en 25 jaar van afrigting is Rona van Wyk met ‘n oorkonde vir haar bydrae tot die sport in November vanjaar vereer.

Na 20 jaar as die netbalorganiseerder van Potchefstroom Gimnasium en 25 jaar van afrigting is Rona van Wyk met ‘n oorkonde vir haar bydrae tot die sport in November vanjaar vereer.

Hierdie gesogte toekenning is welverdiend met Van Wyk wat sinoniem was met Potchefstroom Gimnasium se netbalsuksesverhaal oor meer as twee dekades, maar vir eers gaan sy nou haarself slegs op onderwys as gesoute geografie-onderwyser by Gimmies toespits.

Van Wyk het in 1999 ‘n gloriejaar beleef toe Gimmies as die beste netbalskool tydens die Noordvaalkompetisie aangewys is en een van haar spanne die eerste keer die Noordvaalkompetisie gewen het. Sedertdien het talle netbalspanne trofees ingepalm en talle spelers, Gimmies se naam trots gehou met uitnemende spel oraloor die land.

Van Wyk het ‘n aansteeklike passie vir netbal wat al vanaf haar laerskooldae begin posvat het.

“In Namibië was daar atletiek en netbal en jy moes aan beide deelneem. Op Hoërskool het ek aanhou speel en word destyds vir Wes-Transvaal gekies om netbal te speel. Ek het toe later vir die destydse PUK o.21 netbalspan gespeel,” vertel sy.

Van Wyk het begin afrig toe sy begin skoolhou het en verduidelik dat netbal ‘n intense sport is waar passie ononderhandelbaar is.

“Jy moet elke kans gebruik wat hom voordoen om n doel aan te teken. Jy het net n kort tydjie waarin jy jou staal moet wys. Netbalafrigters en spelers moet ‘n passie vir die spel hê. Gereeld wil kursusse bywoon en die nuutste ontwikkeling in die spel aanleer,” voeg sy by. Volgens haar is Gimmies se netbal deur die jare suksesvol omrede daar toegewyde en entoesiastiese afrigters is wie se passie vir hierdie sport deurspoel na die spelers.

“Ek voel skolenetbal kweek ‘n liefde vir netbal by die spelers om verder daarmee aan te gaan. Ons oefen hard maar maak nie die liefde vir netbal dood nie. Gimmies se netbal is sterk want die spelers speel vir mekaar, probeer elke wedstryd hul bes en te verbeter op die vorige wedstryd.

Die span speel as span saam en nie as individue nie,” sê sy. Van Wyk beskryf haarself as ‘n gedrewe persoon van nature wat altyd haar beste gee en haar spelers terselfdertyd wil motiveer.

“Enige sport leer ‘n mens om verskillende situasies in die lewe te hanteer. Netbal het my geleer om voluit te lewe en my kanse waar te neem. Ek is baie dankbaar vir die kanse en geleenthede wat ek gekry het om myself te bemagtig en te ontwikkel. Maar ook vir my gesondheid, my familie en al my vriende. Ek is die dankbaarste teenoor my Hemelse Vader vir al Sy genade.”

 

Related Articles

Back to top button