Nuwe avontuur na 19 jaar vir NWU dosent

"Dis tyd vir 'n verandering, 'n nuwe avontuur," merk Elsabe Weyers, NWU-dosent op.

Elsabe Weyer, ‘n gesoute Potchefstromer en geliefde dosent aan die Noord-Wes Universiteit pak na 19 jaar by die Puk‘n nuwe avontuur aan by Akademia.

Elsabe was in 1990 ‘n eerstejaar op die Puk waar sy ‘n BsC met sielkunde en statistiek as haar hoofvakke studeer het. Sy het ‘n Honneursgraad in sielkunde voltooi waarna sy haar NGOS in onderwys verkry het. Later in haar loopbaan het Elsabe haar Meestersgraad in wiskunde onderrig voltooi.

In 1995 is Elsabe in ‘n onderwyspos aangestel by die Hoër Tegniese Skool te Klerksdorp. Kom 1999 is Elsabe Noordkaap toe om by Posmasburg Hoërskool skool te gee. Elsabe het ook drie maande by St. Conrads High, nou bekend as Curro, in Klerksdorp skool gegee.

In 2004 keer Elsabe terug na die Puk en aanvaar ‘n tydelike pos as dosent by die fakulteit natuur-en landbouwetenskappe. Hierdie pos het Elsabe tot 2012 volgestaan. Elsabe was vanaf 2008 tot 2009 ook ‘n tydelike dosent by Opvoedkunde. In 2013 ontvang Elsabe ‘n pos as junior Lektor by fakulteit natuur- en landbouwetenskappe wat in 2018 opgegradeer is na lektor by fakulteit natuur- en landbouwetenskappe. Elsabe beklee steeds hierdie pos, en is ook besig met haar PhD in wiskunde onderrig.

Elsabe gesels oor die volgende stap in haar loopbaan en sê toe sy ‘n pos by Akademia, Pretoria bespeur, het sy besluit dis tyd vir verandering. “Dis tyd vir ‘n nuwe avontuur,” sê Elsabe. Hierdie laaste oomblikke by die NWU is gevul met ‘n bittersoet gevoel; Elsabe sien uit vir haar nuwe lewens-avontuur maar erken dat sy haar Potchefstroom-era gaan mis.

“Ek gaan my kollegas en studente baie mis,” vertel Elsabe. “Ek gaan die lojaliteit en omgee van my kollegas mis. Ek het tuis gevoel hier, ek het regtig great kollegas gehad.”

Elsabe merk op dat sy gaan mis hoe naby alles aan mekaar was in Potch. “Ek gaan die feit dat daar geen verkeer is nie ook mis,” merk Elsabe laggend op.

Elsabe is tans op haar laaste konferensie saam haar Puk-kollegas.

Elsabe bied ‘n presentasie aan tydens ‘n vorige konferensie wat sy saam kollegas bygewoon het. Foto: Verskaf.

Haar kollegas het ‘n roerende afskeid vir haar gehou en dit is opmerklik dat Elsabe diep spore in hierdie mense se harte getrap het en dat sy werklik gemis gaan word. Elsabe gaan onthou word as ‘n harwerkende kollega wat nie gehuiwer het om in te staan vir ander en gapings te vul om die vrag vir ander ligter te maak nie.

Exit mobile version