Tokkies spitbraai saam Brendan Peyper

Brendan Peyper se optrede was beslis 'n onvergeetlike aand vir Laerskool Mooirivier se leerders.

Laerskool Mooirivier het ‘n spitbraai-duisend gehou met MG Burger en Brendan Peyper as gaskunstenaars.

MG Burger het ‘n gesellige atmosfeer geske waarin almal kon ontspan voor die aand se verrigtinge afskop.

MG Burger het ‘n gesellige atmosfeer geskep met sy goue stem terwyl almal opgedaag het en gesinne saamgekuier het. Tokkie-ouers het mekaar beter leer ken terwyl dogters netbal gespeel het en die seuns die Rugby Wêreldbeker herleef het.

Die vier musketeers oppad om hulself te vermaak voor die aand se verrigtinge begin.

Johan Bibbey het die aand afgeskop met die grappie, “Are you two girls from England?”, “No, Wales”, “Are you two whales from England?”

Na ‘n tafelgebed het almal worsbroodjies en ‘n spitbraai geniet.

Die afwagting kon aangevoel word toe dit tyd word vri Brendan Peyper se optrede.

Die afwagting het opgebou onder die kinders en breekpunt bereik toe Brendan Peyper op die perseel aangekom het. Die halfuur wat verloop het tussen sy aankoms en sy optrede was beslis die langste halfuur in die kinders se lewens.

Brendan Peyper het die gehoor se harte gesteel.

Die kinders het gedans en gejil toe Brendan op die verhoog geklim het en “Jy is my hero” was ‘n paar keer gehoor.

Kiana Bortslap, Kara Du Plessis, Nica Keet, Jomé Greyling, Retasha Janse Van Vuuren en Lize-An Ittmann is sonder twyfel Brendan Peyper se grootste aanhangers.

Die aand is afgesluit met ‘n paar woorde deur Johan Bibbey en verassingstrekke.

Brendan Peyper se optrede was hierdie dogters se hoogtepunt.
Corlie en Amelie Kruger word rondgekarwei deur Laerskool Mooirivier se onderhoofdogters Lienke Coetzee en Ineke Liebenberg. Chanelle Duarte, leerlingraad glimlag saam.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version