Local newsNewsNews

Lenteweek vir Bejaardes weer vet pret

Die Lenteweek vir Bejaardes wat vanaf 26-29 September plaasgevind het was ‘n reuse sukses waar bejaardes inwoners van vier tehuise hulself gate uit geniet het.

Die Lenteweek vir Bejaardes wat vanaf 26-29 September plaasgevind het was ‘n reuse sukses waar bejaardes inwoners van vier tehuise hulself gate uit geniet het.

Op 26 September is die week met ‘n heerlike pretloop deur die pragtige tuine van Huis Anna Viljoen begin voordat die bekende Amazing Race op 27 Septemer by MHA Samuel Broadbent soos gewoonlik ‘n hoogtepunt was.

Die kompeterende gees het geheers met die verskillende uitdagings wat tydens hierdie pretbelaaide dag gebeur het. “Die “Amazing Race” deur die hele Samuel Broadbent-area was so goed beplan. Bailliepark VLU het weggestap vir die beste spangees. Jarelaas het ek as persoon so vinnig beweeg. Toe besef ek die ouderdom is net `n getal,” noem Driena Fourie, skakelbeampte van Bailliepark VLU.

Ons Hulde het die aksie met ‘n boeresportdag op 28 September voortgesit. Die week is op ‘n gepaste wyse by Groen Wilgers met ‘n piekniek langs die Mooirivier afgesluit. Volgens die bestuurder van Samuel Broadbent, Michael Sparks, het die bejaardes besef dat daar baie geleenthede in die dorp is vir hulle en dat die bejaarde gemeenskap baie groter is as wat hul aanvanklik gedink het.

“Vele bejaardes het die aktiwiteite an elke tehuis geniet en net weer gesien dat jou goue jare lewenslustig en vreugdevol aangepak kan word. Volgende jaar se Lente Week en die beplanningskommittee streef om ‘n toenemende sukses daarvan te maak en ons hoop bejaardes sien uit na volgende jaar,” noem Sparks.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button