Man ry 1000 Myl vir Every Nation

Nico van der Merwe, ‘n Potchefstromer met ‘n groot passie vir fietsry, is tans besig om die ‘Joburg to Blouberg 1000 Mile’ fietswedren te ry.

Nico van der Merwe, ‘n Potchefstromer met ‘n groot passie vir fietsry, is tans besig om die ‘Joburg to Blouberg 1000 Mile’ fietswedren te ry.

Nico het ‘n liefde vir ultra-uithou fietswedrenne, en het besluit om hierdie wedren aan te pak om geld in te samel vir die Every Nation Faith City bouprojek in Potchefstroom.

Elke deelnemer ontvang ‘n GPS vanaf Unbound Adventures, asook ‘n vaste roete wat gevolg moet word. “95% van die roete is grondpad. Die roete kronkel vanaf Johannesburg tot in Blouberg,” sê ‘n opgewonde Nico. ‘n groot deel van die roete in is die Noordkaap, en Nico is vreeslik opgewonde aangesien dit sy eerste keer in die Noordkaap gaan wees. “Ek sien baie uit,” sê Nico.

Die wedren het nie ‘n tydlimiet nie, maar Nico wil dit in agt dae klaarmaak. “Ek ry gewoonlik 10 000km per jaar, en min of meer 250km per week. Hierdie wedren is 1600km, en ek gaan 200km per dag moet ry. Die verste wat ek al voorheen in een dag gery het was 520km vir ‘n wedren. Ek het daardie wedren al twee keer gery. 200km per dag vir agt dae gaan tough wees,” glimlag Nico.

Nico is ‘n passievolle fietsryer en alhoewel dit ‘n moeilike wedren is, sien hy baie uit daarna om dit te voltooi.

Nico vertel dat ‘n groot deel van sy motivering vanaf vriende kom. “Vriende van my het gesê hul sal ‘n rand per kilometer skenk aan Every Nation. Dit motiveer my baie, want as ek net helfde van die wedren voltooi, skenk hulle R 800. Maar as ek die hele wedren voltooi is dit R 1600.”

“’n Jaar terug die tyd het ek my enkel gebreek en kon ek nie fietsry nie. Nou gaan ek 1600km fietsry. Dis wonderlik hoe die lewe werk,” lag Nico. Nico het vooruit slaapplek bespreek, en gaan elke dag min of meer 200km moet ry om by sy oornagplek uit te kom. Hy gaan al sy benodighede op sy fiets saamdra, selfs waspoeier om sy klere te was. Op Nico se fiets self het hy drie waterbottels, en dan ‘n addisionele 2liter waterpak wat hy op sy rug gaan saamdra. “Water behoort nie ‘n probleem e wees nie,” sê Nico egter, “Daar is redelik dorpe waardeur mens ry waar ek water sal kan kry.”

Om 1600km in agt dae te ry is nie ‘n grap nie, en Nico sê dat so iets ‘n baie groot “mental game” is. Hy het voorberei deur herhaaldelik seker te maak hy het alles wat hy nodig sal hê om die wedren te voltooi. “Ek dink heeltyd of alles reg is, of ek alles het. Ek kyk ook die weer vooruit. Daar is nou ‘n hittegolf en die wind gaan redelik waai, maar as mens dit voor die tyd weet kan jy jouself voorberei daarop.”

Skenkings vir die Every Nation bouprojek kan in die volgende bankrekening inbetaal word.

ENFC Boufonds.

Bank: Nedbank

Rekeningnommer: 1714035573

Takkode: 198765

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version