Local newsNewsNews

Wyk 24 samel fondse in by Pretdag

Wyk 24 hou 'n Pretdag om wyksfondse in te samel.

Wyk 24, Grimbeeckpark het op 14 Oktober ‘n Pretdag gehou.

Dit was ‘n perfekte Saterdag vir gesins-aktiwiteite by die Pretdag.

Die dag was georganiseer deur die wyk se raadslid Jeanne Adriaanse. Die dag was gebruik om geld in te samel vir wyksfondse asook opgraderings in Lupine Park.

Annalize, Ignu en Jan-Adriaan het die fietsry geniet.

Gesinne in die omgewing het ‘n prettige oggend gehad waar daar fietsgery was, springkasteel gespring is, en verversings geniet is.

Iva Dalton geniet ‘n roomys op pa Shaun se skoot.

Jeanne Adriaanse bedank almal wat die dag geborg het, asook almal wat bygedra het deur die dag by te woon.

Rieta Stokes, Jacques en Jeanne Adriaanse lag saam.
Naomi Naude, ‘n vrywilliger vir PAWS en Tokkie Aucamp het hondjies en katjies by die Pretdag gehad.
Cheryl en Jaco Bosman, eienaars van Beef Boys was borge by die Pretdag.
Rina en Chris Landsberg het ‘n rustige oggend geniet.
‘n Agt-jarige dogtertjie pak die taktiese fietsrybaan aan.
‘n Fietsryer is oppad om sy tweede rondte aan te pak.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button