Musiek uit die boonste rakke by Volkies

Leerders onder leiding van juf. Liezl Erasmus en juf. Karien Benson het hulle sang en instrument-talente op hierdie aand voor ‘n lewendige gehoor ten toon gestel.

Hoër Volkskool Potchefstroom se musiekleerders het op Woensdag, 27 September ‘n uitstekende Cantabile Musiekkonsert by die Suzette Wilkens Musieksentrum op die skoolterrein aangebied.

Leerders onder leiding van juf. Liezl Erasmus en juf. Karien Benson het hulle sang en instrument-talente op hierdie aand voor ‘n lewendige gehoor ten toon gestel.

Suzette Wilkens, oud-musiekonderwyseres van Volkskool, was ook teenwoordig by hierdie spesiale aand waar Volkies haar vereer het deur die musieksentrum amptelik na haar te vernoem.

Oud-Volkies, Stephan Pieters en Johan Schlebusch, het ook opgetree saam met die agt leerders wat bekende liedere soos “Voshaarnooi”, “Mannetjies Roux”, en “Kinders van die Wind” onder andere opgevoer het.

Exit mobile version