‘n Substasie in Gardenialaan in Miederpark het vanoggend ongeveer 08:20 glo weens kabeldiefstal ontplof.
Daar is een persoon binne die kragstasie in ‘n kritieke toestand gevind. Nooddienste het die persoon na Potchefstroom Hospitaal vervoer.
Die kragstasie het ook brandskade opgedoen. Dele in die weste kant van Miederpark, sowel as Wilgeboom en Rioolwerke is sonder krag. Dit is nog onseker hoe lank dit sal neem vir die krag om herstel te word.
Die polisie, Mooirivier Beskerming, en munisipale beamptes is tans op die toneel.
You can read the full story on our App. Download it here.