Aardklop se feesterrein is vuurwarm

Die eerste dag van Aardklop het uiteindelik vandag (Dinsdag, 3 Oktober) aangebreek met feesgangers vanuit alle oorde wat op die feesterrein toesak. 

Die eerste dag van Aardklop het uiteindelik vandag (Dinsdag, 3 Oktober) aangebreek met feesgangers vanuit alle oorde wat op die feesterrein by die NWU Joolplaas toesak.

In snikhete toestande was roomys sowel as enige iets met ys wat kele koel hou, ‘n groot treffer. Die heerlike verskeidenheid kossoorte het ook die monde teen middagete laat water.

Kyk die foto’s hier:

Natuurlik is die kunstente sowel as die verskeidenheid items wat te koop is ook baie aandag gelok en feesgangers is beslis nie leë  hande uit die terrein nie.

Die musiekverhoog is ook ‘n hoogtepunt:

Aardklop se feesterrein is oop vanaf 09:00 tot en met Saterdag, 7 Oktober.

Dit is beslis ‘n ervaring wat nie misgeloop kan word nie.

Feesgangers betaal R 50 per persoon en R 150 vir ‘n weekkaartjie.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version