Local newsNewsNews

Sielsgenote: ‘n Siamese tweeling

‘n Absurde tragikomedie, “1”, word deur Binnelanders se Cindy Swanepoel en 7de Laan se Zak Hendriks opgevoer. Henriëtta Gryffenberg is die skrywer en Alby Michaels is verantwoordelik vir regie en dramaturgie. Die akteurs se lyftaal is deur Craig Morris gechoreografeer. Die stuk sal tydens Aardklop opgevoer word. “1” se karakters, Hirr en Hiss, besin saam …

‘n Absurde tragikomedie, “1”, word deur Binnelanders se Cindy Swanepoel en 7de Laan se Zak Hendriks opgevoer. Henriëtta Gryffenberg is die skrywer en Alby Michaels is verantwoordelik vir regie en dramaturgie. Die akteurs se lyftaal is deur Craig Morris gechoreografeer. Die stuk sal tydens Aardklop opgevoer word.

“1” se karakters, Hirr en Hiss, besin saam oor die geloofwaardigheid van nimmereindigende liefde en ewige geluk. In “1” is die twee karakters se hoofde soos ‘n siamese tweeling aanmekaar vasgegroei. Swanepoel verduidelik meer oor hierdie konsep agter die skerms.

Cindy Swanepoel en Zak Hnedriks in “1”. Foto: Verskaf.

“Ons koppe is letterlik teen mekaar vas, ons maak net seker dit bly aan mekaar vas,” lag Swanepoel. “Aanvanklik sou ons dit met iets aanmekaar vasmaak, maar nou maak ons staat op ons choreografie. Ek en Zak het ‘n manier om mekaar te laat weet ‘Hey, jy is nie meer connected aan my nie’.” Swanepoel vertel verder dat sy en Hendriks baie oefeninge moes doen waar hulle saam beweeg. Swanepoel sê verder dat sy en Hendriks mekaar goed ken, en dat dit baie in hul guns tel.

Swanepoel sê dat dit een van die moeilikste werke is wat sy al gedoen het. “Fisies en emosioneel. Ek en Zak moet saam wees, een wees, maar teenpole van mekaar wees. Ons kan so maklik mekaar se energie optel, en dan moet ons weer herinner word dat ons teenoorgestelde karakters speel,” vertel Swanepoel.

“1” is ‘n konsep waarmee baie kan identifiseer, stel Swanepoel. “Wat gebeur as mens so geheg aan mekaar raak? Simbolies is ons so na aan mekaar en dink vir mekaar dat ons aanmekaar vasgegroei het. Dis verskriklik relatable. Ons almal was al lief en het liefde verloor.”

Swanepoel sien uit daarna om deel van Aardklop te wees. “Dis wonderlik om ons debuutproduksie daar te doen, dit voel alles nuut, ‘n nwue bladsy. Dis ‘n eer,” sê Swanepoel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button