Spinners bring adrenalien na Potch Industria

Van die land se top spinners het met hulle karre hulle talent kom toon stel en ‘n hierdie populere alternatiewe motorsport aan die plaaslike gemeenskap blootgestel.

Die eerste CSA Royal Rumble Spring Spin and Music Fest het die adrenalien laat pomp vanaf 2-3 September by die CSA Skougronde in Potch Industria.

Van die land se top spinners het met hulle karre hulle talent kom toon stel en ‘n hierdie populere alternatiewe motorsport aan die plaaslike gemeenskap blootgestel.

Die plaaslike manne van Potch Drift het ook aan die dag deelgeneem en hulle vaardighede op die baan gewys wat spesifiek by die CSA Skougronde uiteengesit is.

Die manne van Potch Drift het ook aan die byeenkoms deelgeneem.

Met die Herald se besoek aan dié baan, op Maandag, 4 September  kon die rubbermerke nog duidelik gesien word na die naweek se aksie. ‘n Paar verflenterde bande was ook nog tekenend van die aard van hierdie opwindende motorsport.

Rowyn Louw, een van die organiseerders van die CSA Royal Rumble Spring Spin and Music Fest wat in die eerste naweek van September by die CSA Skougronde in Potch Industria plaasgevind het. Foto: Wouter Pienaar.

Volgens die een van die organiseerders van die Spring Spin and Music Fest, Rowyn Louw, is al hulle verwagtings oortref met die dat meer mense opgedaag het as wat hul verwag het.

“Dit was ‘n groot sukses, veral met die dat dit die eerste een was. Baie mense het op die dag opgedaag. Ons wou juis hierdie byeenkoms reël sodat daar iets anders is vir die jong mense om te kan doen op ‘n naweek. Hierdie motorsport stel hul bloot aan baie geleenthede ook en dit is iets wat die mense baie geniet het,” noem Louw.

Rowyn Louw noem dat hierdie byeenkoms ‘n geleentheid vir jong mense gee om blootstelling aan motorsport te kry.

Die plan is om hierdie tipe byeenkomste kwartaalliks te hou en ‘n passie vir hierdie sport by die plaaslike gemeenskap te kweek.

“Dit hou die jong mense weg van dwelms en gee iets waarvoor hul kan streef. Om te kan spin vat baie tegniek en geld ook. ‘n Mens kan ‘n lewe daarvan maak. Ons het ouens uit die Kaap, Gauteng en Mpumalanga gekry wat deelgeneem het. ‘n Ou soos Austin Kruger wat hier was, het ook al internasionaal deelgeneem,” vertel Louw.

Kyk die video hier:

Volgens hom is die geraas wat die karre maak tydens die spinning sessies sowel as die musiek wat tot vroeg die volgende oggend aangehou het, nie ‘n daadwerklike probleem nie.

“Ons het die juis buite die residensiële area gehou hier in die industriële area sodat dit nie mense sal pla nie. Die byeenkoms is ook as lae risiko geïdentifiseer en ons het genoeg sekuriteit en goedkeuring gehad vir als om voort te gaan,” voer Louw verder aan.

Die CSA Skougronde is vanjaar deur mr. Chris Abrahams, die besturende direkteur van CSA gekoop juis om ‘n plek te gee waar die gemeenskap bymekaar kan kom. Hier gaan nie net motorsport aangebied word nie, maar sal ook ‘n plek wees waar plaaslike besighede betrek sal word en gesinne tyd saam kan spandeer in die toekoms – dit sal sodoende as ‘n gemeenskapsarea dien.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version