Einde van ‘n Era vir Mystic Boer in Potch

Mystic Boer, ‘n bekende restaurant in Potchefstroom, het Dinsdag, 29 Augustus hulle deure finaal gesluit. Eloise Botha, eienares van Mystics, sê die gebou is in die mark. “Die prys is bo ons vuurmaakplek. Ons sou dit graag wou koop maar die prys is net teveel in ag genome van wat ons al op die gebou …

Mystic Boer, ‘n bekende restaurant in Potchefstroom, het Dinsdag, 29 Augustus hulle deure finaal gesluit.

Eloise Botha, eienares van Mystics, sê die gebou is in die mark. “Die prys is bo ons vuurmaakplek. Ons sou dit graag wou koop maar die prys is net teveel in ag genome van wat ons al op die gebou betaal en spandeer het.”

Botha sê verder dat die Covid-19 pandemie ‘n rol gespeel het. “Ons was beroof deur Covid waar hulle letterlik die restaurant leeg gedra het. Ons kon nooit rerig volledig recover het van daar af nie.”

Mystic Boer was bekend vir sy musiek optredes. Fokopolisiekar het in 2016 daar opgetree. Foto: Wouter Pienaar

Mystics het 18 Maart 2011 vir die eerste keer oopgemaak, en sal gemis word. Mystics was bekend vir sy pizza en musiek-optredes.

‘n Onvergeetlike aand by Mystics.

Botha het egter goeie nuus vir Potchefstromers, en sê dat hulle beplan om ‘n pizza winkel op die bult oop te maak.

100% Goeie tye was die Mystic Boer se tema. Foto: Wouter Pienaar
Exit mobile version