Local newsNewsNews

‘n Droomwêreld by Die Dromersmark

Die gewilde Dromersmark het die naweek by Lekwena Estate plaasgevind.

Die gewilde Dromersmark het die naweek by Lekwena Estate plaasgevind.

Produkte vanuit die boonste rakke was by die mark beskikbaar.

Potchefstromers het op die dynserige somer-Saterdag na die mark toe gestroom.

Dit was ‘n heerlike saamkuier, lag, en smul uitstappie vir elkeen wat daar was. Die mark is troeteldier-vriendelik en vele honde het die mark saam hul eienaars besoek met neuse wat rondsnuif en monde water vir die reuke in die lug.

Die musiekgroep ‘Heppie Keppie’ het die markgangers vermaak.

Surina Kershoff is stomgeslaan deur die hoeveelheid mense wat die mark bygewoon het.
Hierdie worshondjie het die mark gate uit geniet.
Watertand soethappies was te kope.
Charl Britz, Ivan Reckling, en Le Roux De Vries skuil in die dam se skaduwee.
Vele gesinne het ‘n suksesvolle dag van inkopies gehad.
Shae Montague en Zoë Robertson was nie voorbereid op die dag se temperature nie, maar het steeds die mark geniet.
Chanelle Bronkhorst en Sonique Labuschagne het die mark saam hul honde Astro, Bullet, en Max besoek.
Heerlike varsgebakte brode was te kope.
Rensie Roux en Chandré van Greunen trotseer die hitte by hul stalletjie Me.MyMom&I.

 

Related Articles

Back to top button