Oud-Gimmie in motorongeluk op die Bult oorlede

'n Oud-Gimmie, Landré Gustafson is vroeg vanoggend (3 September) omstreeks 02:10, oorlede in 'n motorongeluk op die hoek van Meyerstraat en Thabo Mbeki-rylaan.

‘n Oud-Gimmie, Landré Gustafson is vroeg vanoggend (3 September) omstreeks 02:10,  in ‘n motorongeluk op die hoek van Meyerstraat en Thabo Mbeki-rylaan oorlede.

Slegs een voertuig was in die ongeluk betrokke. Landre, ‘n 2021 matrikulant, is op slag in die ongeluk oorlede nadat sy bakkie gerol het.

Sy ma, Laetitia Gustafson, en haar gesin, was in ‘n voertuig agter hom toe die ongeluk gebeur het.

“Dit het meer as 4 ure gevat om hom uit die voertuig te sny,” noem Laetitia hartseer.

Mooirivier Beskerming First Responder en ER24 was eerste op die toneel, waarna die SAPS die toneel oorgeneem het.

 

Exit mobile version