Local newsNewsNews

Voerskenking soos manna vir boere na brandskade

Plaaslike boere wat slagoffers van die vernietigende Rooipoortjie veldbrande was, se las is aansienlik ligter met 'n massiewe 34 ton voerskenking.

Plaaslike boere wat slagoffers van die vernietigende Rooipoortjie veldbrande was, se las is aansienlik ligter met ‘n massiewe 34 ton voerskenking.

Op Woensdag, 16 Augustus, het Voermol ‘n trok vanaf Tongaat gereël om hierdie skenking ‘n realiteit te maak. Die boere en plaasbestuurders kon weer vir ‘n slag glimlag na die brand wat soveel skade aangerig het. Ongeveer 24 000 hektaar se skade is op Saterdag, 29 Julie, ongeveer 10km buite Potchefstroom in dié veldbrand aangerig.

Plaasboere en -bestuurders was in die wolke nadat hulle Woensdag, 16 Augustus ‘n 34 ton voerskenking ontvang het. Hierdie boere was deur die verwoestende veldbrande by Rooipoortjie in Julie geaffekteer. Hier is Anika Grobler (BKD Ouditeure), Schalk Greyling, Jos Bosman, Mari Roets, Jan Strydom en Andrew Proctor. Foto: Wouter Pienaar.

Christo de Wet, voorsitter van Agri Potchefstroom, wat ook die voerskenking gekoördineer het, noem dat dit ‘n groot verskil vir die boere gaan maak.

“Hierdie voer is omtrent R 200 000 werd. So dit maak ‘n groot verskil nie net finansieël nie, maar skep ook hoop,” noem de Wet.

Ronell Coetzee, Christo de Wet (Agri Potch Voorsitter), Jeremy Bosman (Voermol), Kobus Delport en Johannes Verster (Maruco Carriers).

De Wet het ‘n brief aan Voermol, die verskaffer van die voer, gerig en binne ‘n week was die skenking ‘n realiteit. Dié voerskenking gaan verdeel word dienooreenkomstig met die hoeveelheid weiding wat boere in die distrik verloor het. “Die boere ondersteun ons altyd, so dit was geen moeite om weer terug te gee nie, veral na al die skade en die nood wat daar is,” sê Jeremy Bosman, agent van Voermol.

Schalk Greyling, een van die boere wat deir die brand geaffekteer is, het ook sy dank uitgespreek. Foto: Wouter Pienaar

Een van die boere, Schalk Greyling, het genoem dat hierdie skenking weer hoop bring na die verwoesting. Mari Roets, algemen bestuurder van Makojalo, se Angus-stoet en kommersiële koeie het ook erge skade in die brand opgedoen. Sy noem dat daar al verbetering is na konstante behandeling en dat hierdie skenking broodnodige gapings sal vul.”

Die trok met die 34 ton voer. BKD Ouditeure het die diesel vir die vervoer geborg.

Die diere is steeds onder streng en intensiewe behandeling. Van hulle velle het ook nou al afgekom weens die brandskade. Party het permanente skade. Van hulle het ook maer geword weens die stres en pyn,” vertel Roets. Paar van die koeie is nog ver dragtig en daar word gehoop die spene is al beter voor die kalfies arriveer.

Baie van die diere wat gebrand het, is diere wat na hulle komende veiling op 23 Augustus sou gegaan het. Hulle moet nou onttrek word.

“Ons sit baie geld en tyd in die beeste in. So ons hoop dat hulle aanhou sal herstel na die brandskade.”

Related Articles

Back to top button