Local newsNewsNews

Vergeet-My-Nie Dameskoshuis beplan spesiale 50 jaar reünie

Die koshuis beplan 'n spesiale 50-jaar reünie van 18 tot 20 Augustus 2023.

Vergeet-My-Nie (VMN) Dameskoshuis op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit vier vanjaar haar 50ste bestaansjaar.

Die koshuis beplan ‘n spesiale 50-jaar reünie van 18 tot 20 Augustus 2023.

Die naweek se verrassings sluit in gas-optredes deur twee oud-inwoners van VMN, Anna Davel en Helené Bester, asook Die Piesangskille.

Triena Mulder (Dr Pieter Mulder se vrou) was die eerste Primaria in 1973 en sedertien was daar vele studente wat die bekende geel hoede gedra het.

Vrydag, 18 Augustus, sal daar vanaf 17:00 ‘n VMN bazaar wees met musiek, stalletjies, braai, en kuier.

Saterdag, 19 Augustus om 10:00 is daar ontbyt en proe-ervarings saam met Anna Davel. Om 18:00 is daar ‘n dinee en onthou-ervarings saam met Helene Bester.

Sondag 20 Augustus om 9:30 gaan daar afskeid gehou word, gegroet word, en vertrek.

VMN wil graag kontak maak met oud-VMN inwoners en hul uitnooi na die reunie.

Belangstellendes kan die Primaria, Marcelle de Jager, skakel by 084 882 0751. Die huisouer, Vincent Eastes kan by 082 927 5935 geskakel word vir meer besonderhede.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button