André Schwartz bring hulde aan Andrew Lloyd Webber by Aardklop

André Schwartz se naam is lankal sinoniem met die werk van Andrew Lloyd Webber. Nou gaan hy by Aardklop met die produksie "Any Dream Will Do: My pad met Webber," gehore in Oktober bekoor.

André Schwartz se naam is lankal sinoniem met die werk van Andrew Lloyd Webber. Hy het menigte hoofrolle vertolk in Webber-blyspele en dit is geen verrassing dat hy nou met die debuutproduksie “Any Dream Will Do: My pad met Webber,” vir ‘n skouspelagtige vertoning by Aardklop gaan sorg nie.

Webber het van jongs af ’n impak gehad op André se lewe, reeds as ’n 12-jarige.

Later het André se verhouding met Webber hegter en sterker geword, en hierdie interaksie word in die produksie ontgin. Die teks is pittig, maar ook gevul met sterk lewenslesse wat André langs die pad geleer het. Dit is merkwaardig hoe hierdie waarhede weerklank vind in Webber se musiek. Natuurlik is daar altyd iewers ’n kinkel in die kabel.

André Schwartz gaan op 3 en 4 Oktober sy produksie “Any Dream Will Do: My pad met Webber” opvoer. Foto: Verskaf.

Teatergangers kan uitsien na liedere soos “Music of the Night”, “You Must Love Me”, “Love Changes Everything”, “Memory” en vele ander Webber-treffers.

Gehore kan hulle ook verlustig in liedere van Sondheim en Rodgers and Hammerstein, soos onder meer “Send in the Clowns”.  Wie weet – dalk is ons almal narre?

In ’n onlangse onderhoud met Alexa Strachan, uitvoerende hoof van Aardklop, deel Schwartz dat sy fassinasie met Webber begin het toe hy Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat gesien het as ’n klein seuntjie. Daarom die titel Any Dream Will Do: My pad met Webber.

In hierdie produksie wil hy bekende Webber liedjies omkeer sodat mense anders kan luister na byvoorbeeld Love Changes Everything en die betekenis daaragter herontdek.

Staan gereed en maak ’n knoop in jou oor, want op Maandag 31 Julie kry jy 30% afslag op hierdie produksie! Besoek www.aardklop.co.za vir meer inligting.

Met: André Schwartz (sanger), Bryan Schimmel (pianis), Mauritz Lotz (kitaar)

Teks: André Schwartz

Oorspronklike musiek: Andrew Lloyd Webber, Stephen Sondheim, Rodgers and Hammerstein

Regie: Matthew Counihan

Musiekregie en musiekverwerking: Bryan Schimmel

Stel- en beligtingsontwerp: André Schwartz, Matthew Counihan

Visuele elemente: Linzay Coetzee

Vervaardiger: André Schwartz MMM

Genre: Musiekteater

Taal: Afrikaans, Frans, Nederlands

Gradering: Gesin

Tydsduur: 80 min.

Venue: Totius Saal

Datum en tyd: 3 Oktober 19:30, 4 Oktober 16:00

Kaartjies: R180 en R160 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)  * Op Maandag, 31 Julie is kaartjies slegs R 126 met 30 % afslag

Kaartjieverkope is reeds oop.

Besoek ons webblad by www.aardklop.co.za vir meer inligting en kry jou kaartjies by www.ticketpros.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version