Local newsNewsNews

Aardskuddende Aardklop afslag jóú voorland

Feesgangers kan uitsien na reuse 30% afslag rakende verskeie produksies in aanloop tot die feesweek, wanneer hulle op spesifieke datums hulle kaartjies koop.

Smag jy om talle Aardklop produksies te besigtig, maar jou beursie laat dit nie toe nie? Hier is goeie nuus.

Momentum Beleggings Aardklop is om die draai en wanneer jy en jou mede-Aardkloppers vroeg-Oktober die pad vat na Potchefstroom, moet daai feesmandjie reeds oorloop met kaartjies na die uitmuntende produksies by vanjaar se fees. Kaartjieverkope is reeds oop en dis ’n goeie idee om stuk-stuk jou produksie-aankope te doen.

Intussen bied Aardklop verligting met heerlike aflsag oor die volgende paar maande en hoop dat jou spaargeld hou ná die installasie van sonpanele. Om jou sielsbatterye te herlaai, is net so belangrik. Feesgangers kan uitsien na reuse afslag na verskeie produksies in aanloop tot die feesweek, so maak ’n knoop in jou oor en gaan draai op die volgende datums by www.ticketpros.co.za vir 30% afslag op produksies hier gelys:

Julie-maandeinde, 31 Julie:

Any dream will do: My pad met Webber, Calling all dawns, Boeremusiek RoccoStyl, Die Boulevard Harmoniste sing: “Goosebump a cappella”, Joyful Dances: Trio Joie de Vivre, Margaretastraat, Woordmusiek, Orkesfees.

Vrouedag, 9 Augustus:

1, Die moeder, Die vrou op die dak, Mixtape van die liefde, Femme is fatale, Marion Holm, Mirakel

Amanda Strydom – Amber/Ombré , Anna Davel: Daarom skryf ek, Nag in die Namib, Jak de Priester – Eerste Liefde, Droomwerk, Goed wat wag om te gebeur, Zoid: Pitch>Swift<Strum.

Lentedag, 31 Augustus & 1 September (slegs geldig vir twee dae):

Magda Louw, Onfiks & veertig, Braam en die engel, Jakkals en Berg, Vrolike 40 na 60, Drie van die bestes, alle kinderteater en Pronk Podium wenners.

Verdere randrekkers!

Koop slim en spaar geld met weekkaartjies na die gewilde feesterrein op die oewer van die Mooirivier, jou eenstop-vermaaklikheidsbestemming met kos- en kunsvlyt, kindervermaak en terreinverhoog met van ons land se gunsteling kunstenaars soos Early B, Anton Goosen, Janie Bay, Brendan Peyper, Jakkie Louw, Jak de Priester, Corlea Botha en vele meer.

Dagkaartjies kos R50. Weekkaartjies teen groot afslag slegs R150!

Kinders onder twaalf is gratis.

Maak seker jy hou plek in daai feeskalender vir aktuele- en boekgesprekke by die ATKV-Boeke-oase by The Roots Sonkamer. Kom kuier, redekawel, lag en gesels daagliks saam. En die beste van alles, dis gratis.

Besoek Momentum Beleggings Aardklop se webblad by www.aardklop.co.za vir meer inligting en kry jou kaartjies by www.ticketpros.co.za

Navrae kan gestuur word na alexa@aardklop.co.za asook wynette@aardklop.co.za.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button