Local newsNewsNews

Bloulig-kapers se saak vir borgaansoek uitgestel

'n Potchefstroomse inwoner wat verkies om anoniem te bly, noem dat sy 'n sterk vermoede het dat sy ongeveer drie weke gelede amper deur dieselfde verdagtes gekaap is.

Die drie verdagte Bloulig kapers wat verlede Woensdag, 19 Julie in Potchefstroom gearresteer is, het vanoggend (Vrydag, 28 Julie) vir die eerste keer in die Potchefstroom landdroshof verskyn.

Die saak is vir borgaansoek-doeleindes na Vrydag, 25 Augustus 2023 uitgestel.

Al drie verdagtes bly in aanhouding.

‘n Georganiseerde taakspan het op Woensdag, 19 Julie in Chief Albert-Luthuli-weg in Potchefstroom, op drie misdadigers toegeslaan wat glo by bloulig-kapings en gewapende rooftogte betrokke is.

“Die verdagtes sou na bewering hulleself as polisiebeamptes voorhou en niksvermoedende slagoffers beroof en kaap, terwyl hulle met vuurwapens gedreig word,” het kol Adele Myburgh voorheen genoem.

Die verdagtes, onderskeidelik 43, 39 en 36 jaar oud, is onmiddellik in hegtenis geneem en aangekla vir
die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, die besit van onwettige
vuurwapens, diefstal en roof.

Die trio word ook met ander voorvalle in Gauteng en Noordwes verbind.

‘n Potchefstroomse inwoner wat verkies om anoniem te bly, noem dat sy ‘n sterk vermoede het dat sy
ongeveer drie weke gelede amper deur dieselfde verdagtes gekaap is.

“Dit het voor die poskantoor gebeur en ek het darem toe vinnig beweeg om te keer dat ek daardie dag gekaap word. Dit was ook toe ‘n wit Ford Ranger.
“Ek is verlede jaar gekaap en dit het my baie paraat gemaak. Mense moet oplettend wees, want dit gebeur so vinnig,” verduidelik sy.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button