Laat jou waardevolle items deur ‘n professionele afslaer waardeer

‘n Professionele afslaer, van die veilinghuis, Bernardi Auctioneers in Pretoria, sal op Woensdag, 9 Augustus (Vrouedag) plaaslike inwoners se kuns, oudhede en waardevolle versamelitems by die Snowflake-gebou waardeer.

‘n Professionele afslaer, van die veilinghuis, Bernardi Auctioneers in Pretoria, sal op Woensdag, 9 Augustus (Vrouedag) plaaslike inwoners se kuns, oudhede en waardevolle versamelitems by die Snowflake-gebou waardeer.

Dié geleentheid word aangebied in samewerking met die Potchefstroom Kunsvereniging wat waardasiesessies vir die geleentheid bespreek. Kaartjies kan teen R150 (publiek) of R100 (kunsvereniginglede) per sessie by die Snowflake-gebou gekoop word. ‘n Waardasiesessie duur 15 minute en word slegs vir een item bespreek. Waardasiesertifikate word ook tydens die geleentheid uitgereik.

Die afslaer wat die items waardeer, Michael Bernardi, is mede-eienaar van Bernardi’s Auctioneers en hoof van die veilinghuis se beeldende kunsafdeling. Behalwe vir kunswaardasies (ou meesters en kontemporêre kuns), spesialiseer hy ook in waardasies van Anglo-Boereoorlog memorabelia, ou munte en medaljes, Africana, antieke meubels, skaars boeke, wyn, juweliersware, silwer- en koperware en porselein. Michael se belangstelling in oudhede het begin toe hy as 11-jarige sy pa, Tullio, tydens vakansies met die familiebesigheid assisteer het. Hy het 37 jaar se ondervinding as professionele afslaer.

Belangstellendes wat graag items wil waardeer, word aangeraai om hul waardasiesessies so gou moontlik te bespreek. Die afslaer moet vooraf, ten minste ‘n week voor die waardasiegeleentheid, foto’s en besonderhede van elke item wat waardeer word, ontvang. Hy wil elke item vooraf navors om volledig terugvoer aan elke kliënt te gee. Lede van die kunsvereniging sal die publiek wat hulp hiermee nodig het, assisteer en die nodige foto’s van die item neem en inligting aanstuur.

Kaartjies vir die waardasiesessies word van Maandag – Saterdag van 9:00-19:00 by die Snowflake-gebou verkoop. Kontant en kaarttransaksies word aanvaar. Vir navrae, kontak Martie Bothma, 082 850 1200 of Venessa van der Westhuizen, 071 331 7029.

Michael Bernardi is ‘n professionele afslaer wat Saterdag, 9 Augustus waardasies van oudhede in Potchefstroom sal doen.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version