Local newsNewsNews

Potch se eie “Popeye” voltooi sy 100ste parkrun

In die verte was daar 'n man wat soos 'n matroos aangetrek het - 'n tipe "parkrun Popeye" wat op sy gemak sy 100ste parkrun voltooi het - en dit sonder spinasie.  

Op ‘n koue wintersoggend op Saterdag, 8 Julie was daar ‘n interessante verskynsel by Kleinplaas parkrun.

In die verte was daar ‘n man wat soos ‘n matroos aangetrek het – ‘n tipe “parkrun Popeye” wat op sy gemak sy 100ste parkrun voltooi het – en dit sonder spinasie.

Hierdie man is Oeschger Ackerman (38) ‘n oud-Gimmie, wat elke oomblik van die parkrun geniet en al in verskillende parkruns oraloor Suid-Afrika deelgeneem het.

“Wat vir my lekker is van parkrun is dat dit ‘n gemeenskapsding is. Dit is gratis en ek is nie die vinnigste nie, maar ek is darem ook nie die stadigste nie. Dis maklik om in te pas, jy moet net Saterdagoggend 08:00 beskikbaar wees, en dan kan jy deelneem,” vertel Oeschger wat by TMM Lofts die hoof van die herstelwerkafdeling is.

Buiten die Kleinplaas parkrun het hy al die Amanzimtoti, Brandkop, Botaniese Tuin, Grey Goose, Kimberley, Klerksdorp, Langenhoven, Naval Hill, en Parys parkruns aangedurf. Hy het in 2015 se eerste parkrun voltooi.

Oeschger Ackerman het op Saterdag, 8 Julie sy 100ste parkrun voltooi by Kleinplaas parkrun. Foto: Verskaf.

Vir Oeschger was die matroos-uitrusting alles deel van die pret en dit het beslis ‘n glimlag op sy mede-deelnemers se gesigte gesit.

“Ek het met my 50ste parkrun ook hierdie outfit vir die grap aangehad en toe besluit ek om dit weer te doen. Dit is maar om dit pret te maak.”

Die Kleinplaas parkrun vind elke Saterdag om 08:00 plaas.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button