Local newsNewsNews

Trok deur muur van Teologiese Skool

‘n Trok het Woendagoggend (28 Junie) omstreeks 05:00 deur die Teologiese Skool in Thabo Mbekistraat se mure gery.

‘n Trok het Woendagoggend (28 Junie) omstreeks 05:00 deur die Teologiese Skool in Thabo Mbekistraat se mure gery.

Dit was naby die voetoorgang by die verkeerslig en niemand was in hierdie voorval beseer nie. Dit is nog onseker hoe die ongeluk plaasgevind het.

Die trok wat in die baksteenmuur van die Teologiese Skool ingery het.

Die bestuurder het ook ‘n kragpaal platgery en teen ‘n heining van ‘n perseel vasgery, waarna die heining nou plat is. Die elektriese departement was op toneel om te toets vir krag op kragdrade wat daar lê.

Plaaslike owerhede, insluitend Mooirivier Beskerming was ook op die toneel.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button